OMNI | church everywhere

Deesdae dink ek baie oor die storie wat ons as die kerk in die bree vir die wereld vertel.

Hoe klink daardie storie, waaroor gaan dit, en wat is die punt van die storie?

As ek my ore kan glo, dan klink ons storie deesdae min of meer soos volg:

* Jy is skuldig;
* Jy het niks aspris gedoen om skuldig te wees nie, jy is skuldig gebore;
* Jy kan nie jou onskuld bewys of enigiets doen om te boet vir jou skuld nie;
* Jou straf is dat jy moet doodgaan;
* Maar, Jesus het gesterf in jou plek;
* As jy dit glo, dan hoef jy nie meer hel toe te gaan nie,
* Alhoewel jy nog steeds gaan doodgaan;
* Kan jy darem nou ten minste hemel toe gaan.


Verskoon my effe gedramatiseerde stellings, maar hierdie kort opsomming is wat ek deesdae so baie optel by koorsagtig evangelistiese kerkgangers reg oor ons stad en land.

En hoe meer koorsagtig, hoe meer gedramatiseerd.

As ek bra eerlik kan wees vir 'n oomblik, voel dit vir my na 'n heel yl weergawe van wat ons leer ken het as “die goeie nuus”.

Die uangelion, of die evangelie.

Hierdie enkele paar stellings [gewoonlik geverteenwoordig deur 'n spektrum kleure: swart [jy's skuldig], rooi [Jesus word in jou plek vermoor] ens, kan verseker nie die hele storie wees nie, en as ek alleen in die aand in my bed le en ek bepeins hierdie goed, dan moet ek eerlik wees en erken dat dit ook glad nie vir my naastenby na “goeie nuus” klink nie!

Dis effe depressing, om die minste te se.

Inteendeel, dit sinspeel grootliks op my [inherente Afrikaner] skuldgevoel, en my menslike sin vir self regverdiging.

Ek glo daar's meer, maar ek dink ons lees, hoor en ervaar dit mis.

Ek meen, daar moet meer wees!

Dink maar aan Jesus en Nikodemus wat oor hierdie dinge gesels, sonder om die issue van bekeer of brand eens aan te raak. Onthou jy Jesus se gesprek met die ryk jong man wat nie eers naby 'n magiese gebedjie uitkom, of raak aan wat ons as jou tradisionele altar-call moment leer ken het nie? Kan jy aan een keer dink wat die dissipels van Jesus hulle self bekeer het? En wat van enige van die mense wat Jesus gesond gemaak het - waar is hulle sinner's prayer?

Nee wat, Jesus het met hulle oor meer gepraat.

Oor dieper, meer onmiddelike aardse ewigheidsdinge.

Dis asof, in Jesus se gedagtes, die hemel-toe-gaan ding vanselfsprekend was. As jy deel is van die familie kom jy saam – dis 'n given. Dis nie die punt van jou geloof nie – dis deel van die pakket, maar dis om hemelsnaam nie die punt nie!

Ons het dit oor eeue heen die punt gemaak.

Dis hoekom ons Jesus volg, en dis hoe ons ander skrikmaak om Hom te volg. Ons het 'n diep mistieke draai van die gesig na God, verander in 'n prosesmatige bekeringsaksie wat gekwantifiseer, gemeet, verpak en geboks kan word.

Maar ek dink nie Jesus het aarde toe gekom, en Sy Heilige Gees gestuur, net sodat ons hemel toe kan gaan nie. Ek dink nie eers dit is sy eerste prioriteit nie.

Dis 'n blote uitvloeisel van iets anders.

Nee, ek dink Hy het vir ons soveel meer in gedagte. Hy verlang na ons, en wil ons deelmaak en heelmaak. Gesondmaak en liefmaak.

Shalom, noem hulle dit.

Die algehele welheid, heelheid en volheid van wat dit beteken om mens te wees. Hoor mooi – nie om Christen te wees nie, maar om ten volle mens te wees! Jesus het mense gemaak, en Hy het vir mense kom leef en ja, vir hulle gesterf ook. Om jou ware menswees te verstaan en uit te leef, is om iets te begryp van wie Jesus is en wat Hy besig is om te doen in die wereld en in jou lewe.

Hier en nou.

Om geestelik so wakker te leef dat jy Jesus sien in elke liewe ding in en om jou. Dat jy Hom kan vind in die mooie, die lelike, die donker en lig, die arme en ryke, die kerk en sommer by jou werk ook. Ek dink Hy het gekom dat ons Hom sal herken in alles! Dat ons saam met Hom sal leef!

In shalom. As mens. Op aarde, hier in Pretoria.

Ek dink ook Hy het die wat mooi geluister het laat droom oor die idee van hoe dit sou lyk as die hemel eintlik nie eendag daar ver is nie – maar nou hier op die aarde. Hy laat ons die vraag vra: wat moet ons doen sodat ons nie hoef te wag om eendag hemel toe te gaan nie, maar sodat ons soveel vir die aarde en sy mense sal omgee dat dit sal lyk asof die hemel met die aarde gebots het!

Shalom vir almal, en die planeet.

Nou.

En dan net een laaste ding.

Deesdae herdink ek ook die onmiddelike eensklapsgeit van hoe mens by Christenwees kan aansluit. Het Jesus nie saam met mense geloop vir jare lank nie? Ek dink om Jesus te volg gebeur nie oornag nie – ek dink wat ons verstaan onder “gered wees” of “bekering” gebeur baie meer in die konteks van die deurlopende as die onmiddelike. Miskien was Paulus ernstig toe hy geskryf het dat ons redding oor 'n tydperk gaan gebeur, en dat ons dit met vrees en bewing moet bewerk.

Miskien is die taal nie “ek is gered” nie, maar dalk eerder iets van “ek word deurgaans gered”?

Dis darem baie anders as die kitskos, moralistiese, transaksie gedrewe ontsnappings-verstaan-van-Christen-wees wat ons op so baie plekke hoor.

Die punt is nou, nie eendag nie. Die punt is almal van ons, Hy's nie net jou persoonlike Saligmaker en Verlosser nie. Die punt is om weer te onthou wat dit beteken het om mens te wees volgens die oorspronklike ontwerp, en nie net om aan die een of ander geisoleerde subkultuur te behoort nie.

Die punt is om te vra hoe kan ons almal nou hier deel wees van 'n hemel op aarde, en nie hoe kan ek by myself eendag hemel toe weggaan nie.

Die punt is die hele storie van wat dit beteken om Jesus te volg. As jy weer kies om dit met iemand te deel, probeer hard om niks uit te laat nie!

Vertel die hele storie.

En wat is die hele storie?

Dis bloot dit:

“Dink nuut! Dink nuut, julle! ...want God is hier. Hy is hier naby jou. Reg langs jou. Dink groter, julle! God is teenaan jou.”

Comment

You need to be a member of OMNI | church everywhere to add comments!

Join OMNI | church everywhere

Mynhardt van Pletsen Comment by Mynhardt van Pletsen on September 6, 2009 at 2:14am
Net nog iets om aan te las...

Hierdie keer van Andrew Sullivan:

“The point of this incarnation of God taking on flesh and blood was not surely to construct a catalog of offenses by which we are to judge our own lives at any moment, to force us to thrash and thrive in a constant ordeal of self-criticism and guilt. The point of God taking on flesh and blood – the point of Christ – is not so we have a new list of ways to feel bad about ourselves.

The point was merely to be with us.

And by being with us, to show us better how to be human, how better to embrace our lives, by accepting the divine around us and inside of us.

How better to be human.”
Dries Lombaard Comment by Dries Lombaard on September 4, 2009 at 3:03pm
Myn.... ek is so op jou bladsy hiermee.

Ek is soooo siek en gatvol vir kerklikheid, Christelikheid, vroomheid, geestelikheid, en kamtige andersheid van die hele Christen clan, dat ek soms wonder hoe ek ooit so tuis kon wees daarin.

Wat my gryp van die reis is dat ek agtergekom het [by ouens soos Ron Matoia en Frank Viola geleer het] waar ons so screwed up geraak het binne die hele godsdienstige en kerklike storie. Ons het die enigste en enkele ding wat God tydens die Skepping NIE aan ons gegee het nie, gaan vat by Hom. Die vermoe om te JUDGE. Om te besluit wie is reg, en wie is verkeerd. Wie is in, en wie is uit. Wie is skoon, en wie is vuil. Wie is suiwer, en wie is bietjie ge-gis. Wie gaan hemel toe, en wie bly....

Daardie "judgement-gene" wat geaktiveer is met die sondeval....

En dit waaroor jy skryf... die verskraling van die evangelie van "shalom-as-'n-proses" na 'n evangelie van "transaksie-as-'n-deal", versterk juis hierdie IN-UIT judgementality van Christene. Daarom ook is dit die nr-1 kenmerk waaraan ons geken word: "Hoe weet jy iemand is 'n Christen? Hy judge jou."

Ek's op gejudge. Moeg gejudge. Gatvol gejudge. "Kan nie meer nie, korporaal."

Laat God wees wie God is - die judge van alles. Laat ons bloot Sy shalom versprei, soos wat Jesus ons kom wys het hoe....

Aan die religious crowd: Ek speel nie meer saam nie.

OMNI Newsletter




Latest Activity

Emile Silvis added a blog post
Sample blog post entry...
23 hours ago
Emile Silvis Just joined Omni's network...
23 hours ago
Emile Silvis updated their profile photo
23 hours ago
Emile Silvis is now a member of OMNI | church everywhere
yesterday
Edward John updated their profile
on Sunday
Edward John updated their profile photo
on Sunday
Elna Hauman and Sanette Louwrens are now friends
on Sunday
Johan Ferreira added a blog post
Dis nou al lank wat ek hieroor wonder.Wie is Jesus en wie is God ? Ek het nou die dag met 'n paar moslems gesels oor "God" Allah vir hulle.Hulle is fanaties oor hom en ken die Koran so goed ...ok hy is dood ,maar hulle is toegewyd ,maar vasegevang…
on Friday
Johan Ferreira added a photo
on Friday
on Friday
Sanette Louwrens and Frikkie Saayman joined OMNI | church everywhere
on Friday
ZELNA PEREZ-SANCHEZ is now a member of OMNI | church everywhere
March 3

© 2010   Created by OMNI Admin

Badges  |  Report an Issue  |  Privacy  |  Terms of Service